Christen Kerk                   ons preek wat die Bybel leer     

                                                                                 

                                                                        DIE OPSTANDINGS

Daar word in die Nuwe Testament na sewe verskillende opstandings en wegrapings verwys.

1. Die eerste was die Here Jesus Christus self. Hy was eerste opgewek en daarna weggevoer na die Hemel. Lukas 24:50-51.

2. Die tweede was die Ou Testamentiese gelowiges van Mattheüs 27:52,53. “en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.”

3. Die derde was die apostel Paulus. Hy was weggeraap na die Hemel vir ‘n tydperk van onderrig deur die Here 2 Korinthiërs 12:1-4.

4. Die volgende sal wees “… die wat aan Christus behoort by sy koms”, 1 Korinthiërs 15:19-23. Dit sluit al die gestorwe gelowiges in. Hulle sal uit hulle grafte opgewek word en na die Hemel weggeraap word saam met die heiliges wat op daardie tydstip dan nog lewe - die Kerk 1 Korinthiërs 15:19-23; 1 Thessalonisense 4:13-18. Dit beteken dan die einde van die Kerkbedeling. Niemand wat in hierdie tyd op aarde gelaat word sal in Christus wees nie. Almal wat aan Christus behoort sal met Sy koms weggeneem word.

5. Die volgende om na die Hemel te gaan sal die manlike kind van Openbaring 12:1-5, wees. Hy sal weggeraap word in die middel van die Antichris se regering om die tweede helfte van die Groot Verdrukking te ontsnap Openbaring 7:1-4 en Openbaring 14:1-5.

6. Die vyfde gesamentlike opstanding en wegraping is God se twee getuies van Openbaring 11:3-12.

7. Die laaste wat opgeneem is in die hemel is die groot menigte van gelowiges wat in die Groot Verdrukking gered word, Openbaring 6:9-11; 7:9-17; 15:2-4; 20:4-6.

Opstanding beteken 'n terugkeer na die lewe uit die dood. Daar word na twee tipes opstanding verwys in die Skrif: geestelike en fisiese. Geestelike opstanding is die menslike gees wat lewend gemaak word - deur die Heilige Gees - uit die dood van misdade en sondes, tot 'n hernude lewe in Christus, Romeine 6:11; Efesiërs 2:1-7; 5:14. Dit verduidelik wat wedergebore, of die leer van die wedergeboorte, beteken. Dit vind slegs in hierdie lewe plaas. Wanneer hierdie lewe verby is, is daar geen meer geestelike opstanding nie Hebreërs 9:27; Openbaring 22:11-12. Hierdie geskrifte bewys onteenseglik dat daar geen verdere geleentheid na die dood vir redding is nie, maar 'n groot aantal Christene glo steeds daar is. Hulle kyk na wat die Skrif leer oor wat Jesus verkondig het aan die geeste in die gevangenis in 1 Petrus 3:18-20. Dit is nié die geeste van mense wat nog 'n kans vir die ewige lewe gegee word, wat so baie glo nie.

Hulle is gevalle engele wat God in kettings hou tot die Groot Wit Troon Oordeel, wanneer hulle na die Hel gestuur sal word soos 2 Petrus 2:4-6 voorbehou. Die Griekse woord vir die Hel hier is ‘Tartarus’, 'n donker afgrond, 'n plek van straf, 'n gevangenis vir die gevalle engele, Judas 6-7. Die geeste in die gevangenis is die gevalle engele van Genesis 6 wat die reuse van die Ou Testament, nog voor Noag se vloed, geginereer het, Genesis 6: 1-7. Die woord ‘gepreek’ in 1 Petrus 3:19 sou meer gepas vertaal word na ‘verkondig’. Hierdie geeste het gesondig in die dae van Noag, tog het al die mense wat dan gesondig het, omgekom in die vloed. Hulle is nie in 'n spesiale tronk gehou nie. Verder word menslike geeste nooit net ‘geeste’ in die Skrif genoem nie.

Die opstanding van ons Here Jesus Christus uit die dood is nie net een van die oortuigings van die Christelike geloof nie; dit is die primêre en essensiële of noodsaaklike waarheid van die hele evangelie van verlossing. Sonder daardie waarheid het die evangelie van verlossing geen doel nie. Dit is die fundamentele beginsel van die wedergeboorte. Geloof in 'n opgestane Verlosser is die kern van die Christelike geloof. Dit is 'n voorwaarde van ons heil, Romeine 10:8-10. Dit is die opstanding, nie die kruis, wat die fokuspunt van die Nuwe Testament is. Omdat die kruis die prys was wat Jesus betaal het vir ons verlossing, was dit die leë graf en die opgestane Christus wat die ewige lewe vir gelowiges moontlik gemaak het. Die opstanding van Christus verander Sy dood aan die kruis in die evangelie van die lewe, Romeine 4:24-25; 1 Kor 15:3-4; Efesiërs 1:19-23; 1 Petrus 1:3-5. Aan die kruis was Jesus geen bedreiging vir sy vyande nie, maar in die graf was Hy wel. Sy vyande was nie bekommerd dat Hy van die kruis sou kom nie, maar hulle was bekommerd dat Hy uit die graf sou opstaan.

Sy opstanding was in die Ou Testament voorspel; Psalm 16:10; 49:16; 68:18 en Jesaja 26:19. En Hy het dit sélf voorspel in Mattheüs 12:38-41; 20:18-19; 27:63-66. Hy het ook drie gestorwe mense opgewek; die dogter van Jaïrus, Markus 5:22-23, 38-43, die seun van die weduwee van Nain, Lukas 7:11-15 en Lazarus Johannes 11:41-45. Hul opstanding het God se doel vir daardie oomblik in daardie tyd vervul, maar Jesus se opstanding het God se doel vir die ewigheid vervul. Jesus kan nooit weer sterf nie, en so sal ook diegene wat na die opstanding met Hom lewe nie sterf nie; Johannes 3:16, 36; 5:24; 11:25-26, 1 Thessalonisense 5:9-11; 1 Johannes 5:11-12.

Ons nuwe lewe in Christus begin met die opstanding. Dit is waar dat ons saam met Hom gekruisig is aan die kruis en met Hom begrawe is in die dood deur die doop sodat die sondige liggaam tot niet word, maar ons is nie 'n nuwe skepping in Christus totdat ons saam met Hom uit die graf opgestaan het nie, dit wil sê nadat ons tot sonde gesterf het nie, Romeine 6:1-10; 2 Kor 5:17; Kol 2:11-13; 3:1-3. Romeine 6: 1-10 en Kolossense 2:11-13 verwys nie na die water doop soos baie glo nie, maar na die gelowiges wat in Christus gedoop is deur die Heilige Gees by hul bekering en dan daarna heeltemal vernuwende en bemagtigende lewens in Christus voer. Dit is duidelik gemaak in Kolossense 3:1-3. Christus het die oorwinning oor die sonde en die dood vir gelowiges deur die opstanding verower, en omdat Hy uit die dood opgewek het, het gelowiges die versekering dat die volgende stap in God se plan van verlossing hul opstanding in Christus se heerlikheid is. Dit is die sekerheid wat ons het, want Christus is opgewek uit die dood en Hy het gesê: “Nog ‘n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe”, Johannes 14:19.

Dit is waarom die opstanding so belangrik is vir die gelowiges - dit waarborg nie net die toekomstige opstanding van die regverdige dooies nie, maar dit waarborg ook die wegraping van die gelowiges wat nog lewe wanneer Jesus terugkom, Johannes 14:1-3; 1 Korinthiërs 15: 51-57; 1 Tessalonisense 4:13-18; Openbaring 20: 6. Wanneer ons die nagmaal gebruik, deel en identifiseer ons met Sy dood en Sy opstanding uit die dood. As Christus nog in die graf was sou daar geen liggaam of bloed wees om in te deel nie, maar omdat Hy opgestaan het uit die graf en vir altyd lewe, en ons vir onsself die elemente wat Sy liggaam en Sy bloed verteenwoordig neem, neem ons vir onsself sy ewige en oorvloedige lewe, Romeine 5:8-11, 18-19. Dit is waarom die nagmaal 'n genesing en vernuwing diens is asook 'n roudiens, Jesaja 53:5. Met die nagmaaldiens verkondig ons die reddingsvoordele wat ons Here vir ons gekoop het deur Sy dood en opstanding. Een van die voordele is ons eie toekomstige opstanding,1 Korinthiërs 15:19-23. Dit is wat Jesus die eerste opstanding noem. Dit is voorspel deur Job 19: 25-27, Koning Dawid, in 2 Samuel 12:23; Psalm 17:15, Jesaja 25:6-8; 26:19, Daniël 12:2, Jesus self in Johannes 5:28-29; Openbaring 20:4-6, en Paulus in 1 Korinthiërs 15:20-22, 51-57; Fillippense 3: 8-12, 20-21; 1 Tessalonisense 4:13-16. Neem kennis daar word in Daniël 12:2, Johannes 5:28-29 en Openbaring 20:4-6 na beide die eerste en die tweede opstanding verwys. Hulle smelt in een, maar hulle is twee afsonderlike en aparte gebeurtenisse in die tyd. Die tweede opstanding sal nie plaasvind tot ten minste 1007 jaar na die eerste opstanding - wat 7 jaar vir die Antichris se regering en 1000 jaar vrederyk toelaat.

Die eerste opstanding sluit al die regverdige gestorwenes in, vanaf Abel tot die heel laaste een wat in die Groot Verdrukking gered is. Al die verlostes van alle ouderdomme word ingesluit, nie net die ‘Kerk’ nie. Dit sluit selfs Ragab, die hoer in,Josua 2:1-3, 6:17-25; Hebreërs 11:31, Jakobus 2:25. Jesus sê in Johannes 5:28-29 dat 'almal' wat in die grafte is, Sy stem sal hoor en sal uitgaan; diegene wat goed gedoen het tot die opstanding van die lewe, dit is die eerste opstanding, en dié wat verkeerd gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling wat Jesus die tweede dood noem. Diegene wat goed gedoen het, sluit beide die Ou Testamentiese gelowiges en Nuwe Testamentiese gelowiges in. Ons sal almal saam uit die graf opgewek word en weggeraap word na die hemel. Die wegraping en die eerste opstanding gaan hand aan hand. Hulle is twee dele van een gebeurtenis wat sal plaasvind wanneer Jesus weer kom om die heiliges na die hemel te neem, 1 Korinthiers 15:19-23, 42-45, 51-58; Filippense 3:20-21; 1 Tessalonisense 4:13-18. Hierdie Skrifte spreek duidelik die Here se ewige doel en plan vir sy heiliges. Die uiteindelike doel van Sy terugkoms vir die gelowiges is sodat hulle saam met Hom sal wees in alle ewigheid en deur hulle na die hemel te neem is net die eerste stap om Sy doel te bereik,Romeine 8:28-30.

Ons leer uit 1 Tessalonisense 4:14 dat wanneer Jesus terugkom vir die gelowiges, sal Hy die geeste en die siele van al die gestorwe heiliges saam met Hom bring om hul met hul opgestane liggame te verenig. Hul verganklike liggame sal onverganklik opstaan uit hulle grafte, terwyl die sterflike liggame van die heiliges wat op daardie tydstip nog lewe, onsterflik sal word. Hulle sal almal in ‘n oogwink verander word, 1 Korinthiërs 15:52. Ons leer ook van Filippense 3:21 dat ons nuwe liggame sal verander in vlees en bene soos Christus se verheerlike opgewekte liggaam wat Hy het aan die dissipels, voordat Hy na die hemel opgevaar het, getoon het, Lukas 24:36-43; 1 Johannes 3:2. Die eerste opstanding het betrekking op die tydperk van Christus se opstanding tot en met Sy wederkoms, 1 Kor 15:23; Openbaring 20:4-5.

Almal sal nie noodwendig saamstem met die nommer, of die orde van die opstanding en wegrapings hier gelys nie, maar of dit reg of verkeerd is, is nie fundamenteel tot redding nie. Al wat ons moet doen, is om mekaar se oogpunt te respekteer en seker te maak ons is ingesluit onder diegene wat aan Christus, by sy koms, behoort. Dit is die enigste ding wat saak maak, want Skrif duidelik leer dat diegene wat dink hulle behoort aan Christus, maar nie verbonde is aan Sy evangelie nie, sal geen plek in sy koninkryk be-erwe nie, Mattheüs 5:13-16, 20. Om die impak wat Christene op die wêreld moet hê te demonstreer, gebruik Jesus twee algemene illustrasies in vers 13-16, nl. sout en lig. Die belangrikste kwaliteit om op te let, is dat sout sy basiese karakter behoort te behou. As dit nie doen nie het dit het sy doel vir bestaan verloor en is slegs geskik om uitgegooi te word. Dit is 'n skrikwekkende waarskuwing aan Christene wat hulle ywer vir die dinge van God verloor, Johannes 15: 1-6. Jesus leer feitlik dieselfde ding hier wat Hy in Mattheus 5:13-16 leer. Dit is 'n waarskuwing aan diegene wat hulle nié tot die evangelie van Christus verbind nie. Christene moet die lig van die wêreld wees. 'n Lig is bedoel om te skyn en rigting gee - soos 'n stad gebou op 'n heuwel of 'n lamp op sy staander - almal kan dit sien. Dit word nie vir die oog verberg nie. Dit leer ons dat nadat die kerk weggeraap is hemel toe, heil nie meer beskikbaar sal wees vir diegene wat nog op die aarde is, wat reeds die evangelie gehoor het en dit verwerp het nie. Hulle sal verlore wees vir die ewigheid as hulle nie berou toon en hulle lewe verbind tot Jesus, terwyl die kerk nog steeds hier is nie. Dit sluit lede van ons eie gesin in en ander familielede en vriende vir wie ons baie lief is, sowel as belydende Christene wat nie werklik aan Christus verbonde is nie, en ander mense wat teruggeval het, Mattheüs 12:30; Openbaring 22:11-12. Hierdie geskrifte definieer duidelik diegene wat aan Christus behoort.

Openbaring 22:12, verwys na die wegraping en beklemtoon die straf wat op die ongelowiges wag. Wat 'n man is wanneer Jesus terugkom vir die gelowiges is wat hy in alle ewigheid sal wees. Niemand anders sal ooit weer 'n kans kry nie. Ons moet nooit 'n valse hoop van die hemel uithou aan enigiemand wat nie heeltemal toegegee het aan die gesag van Jesus en heeltemal toegewy is aan die diens van God nie, Mattheüs 7:19-27. Daar is geen hoop van saam met Jesus tot alle ewigheid heers en regeer sonder verbintenis en toewyding in ons aardse lewe nie, en daar is baie Skrifte om dit te bevestig. Die waarheid is daar is net een soort Christen in God se orde van dinge: die wedergebore Christen. Geen ander kan in die koninkryk van die hemel ingaan Johannes 3:3-5. Die gelykenis van die tien maagde in Mattheüs 25:1-13, die gelykenis van die talente in Mattheüs 25:14-30 en die gelykenis van die ontroue dienaar in Lukas 12:35-48 leer almal ons dat diegene wat bely dat hulle God lief het, maar onverskillig en sorgeloos oor die dinge van God is, sal hul plek in die koninkryk verloor wanneer Christus vir die gelowiges terugkeer. Dit is drie geskrifte wat ons almal behoort te ken om daarby baat te vind: Mattheüs 25:1-13: 25:14-30; Lukas 12: 35-48.

Nou na die tweede dood wat plaasvind na Christus se 1000 jaar regering op aarde; Openbaring 20:4-6, 11-1. In skrille kontras met die beloning of verlies van belonings wat die heiliges by die Regterstoel van Christus ontvang het in die eerste opstanding, sal die bose dooies by die Groot Wit Troon Oordeel, beoordeel word om die graad van straf volgens hulle aardse werke te bepaal en sal hulle in die Hel ly, Lukas 10:10,15; 12:39-48. Lukas 12:47-48 leer dat hoe groter die kennis van God is, hoe erger sal die straf van diegene wat die kennis verwerp wees. Dit is ontnugterend om te dink dat hulle almal gedoem is tot 'n christuslose ewigheid van marteling en verdoemenis terwyl nog 'n paar van hulle gered kon gewees het as ons as Christene net 'n bietjie harder probeer het. Wat 'n sterk motivering het ons vir gebed vir die verlore, vir prediking wat die Bybel leer oor die Hel en vir die wen van siele vir Christus, Johannes 9:4 met Judas 23. 'Dag' in Johannes 9:4 beteken lewe en ‘nag’ gee die dood te kenne. Gelowiges moet ook die werke van God nou doen. Binnekort sal dit te laat wees, 2 Korinthiërs 6:2 "…Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil".

                                                                     HIERDIE BLADSY BO PUNT