Christen Kerk                   ons preek wat die Bybel leer     

                                                                                

                                                     DIE KERK - DIE LIGGAAM VAN JESUS CHRISTUS

Die kerk is ‘n Nuwe Testament stelling. Dit was nooit gemeld in die Ou Testament. Die Kerk is nie ‘n gebou nie. Die Kerk bestaan uit lewende stene. Ons die wedergebore gelowiges is die stene en maak die gebou uit. 1 Petrus 2:5, “en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, 1 Timótheüs 3:15, “Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God”. 1 Korinthiërs 3:9b, “die gebou van God is julle”. Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, Handelinge 7:48 en ook Handelinge 17:24. 1 Korinthiërs 3:16, “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?” Hebreërs 3:6, “maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou’. Daar is vele ander Skrifte om te bevestig wat die Bybel leer.

 

Die Griekse woord kerk is; “ekklesia” en dit beteken, ‘uitgesonderde gemeente’ of ‘geroepe mense’. Die Griekse woord “ekklisia” het sy oorsprong van twee woorde; “ek” wat vanuit of uit beteken, en “kaleo” wat beteken om te roep. In ander woorde ‘uitgeroependes’. Die Kerk is nie die ‘Koningkryk van God’ soos baie dink. Die ‘Kerk’ maak deel uit van die Koningkryk van God. Ons kan nie ons self beêrwe nie maar ons kan die Koningkryk van God beêrwe. Die Koningkryk van God is alles wat aan God behoort. God die Vader se besittings in ander woorde. Die Kerk bestaan uit ware gelowiges in Jesus Christus. Die Kerk is die liggaam van Jesus Christus. Die Kerk bestaan uit ‘n hele groep gelowiges van alle tye, in die Hemel en op aarde; Hebreërs 12:23 en Efesiërs 3:14 - 21.

‘n Lokale Kerk kan gesien word as ‘n groep gelowiges mense in ‘n gemeenskap, of uit ‘n gemeenskap, wat hulle self vrywilliglik saam gegroepeer het as deel van die universeële Kerk met die doel om hulleself te vestig in die geloof in Jesus Christus en die Evangelie te verkondig tot aan die einde van die aarde. Lokale Kerke word vele male gemeld in die Nuwe Testament. So terloops u sal nêrens in die Ou Testament lees van so ‘n Kerk of gemeente. ‘n Lokale Kerk kan bestaan uit twee of drie en meer mense soos gesien kan word in die Nuwe Testament, Mattheüs 18:20; Romeine 16:5; 1 Korinthiërs 16:19. Ons glo dat die gelowiges is die Huis van die Here of die Tempel van God. Ons glo ook dat ‘n mens ‘n gebou moet hê waar ons kan saamkom om ons uit die wind en weer te kan hou, maar die plek is gladnie die huis van die Here nie. Ons leer dat die Here maak sy verblyf of huis binne in ons. Hierdie leerstelling het ‘n stanvastige soliede Skriftuurlike fondament.

Het u ooit hierdie woorde gehoor, “Julle is welkom in die huis van die Here” of “Is julle bly om in die huis van die Here te wees?” Hoe onkundig kan iemand wees na al die jare? Die ouderwetse Pastoor sal somtyds die een wees wat hierdie woorde uiter. Waar die gehoor nie reg geleer word sal almal net bly sit om die sitplekke warm te hou. Die Heilige Gees werk onder geen omstandighede waar die waarheid nie verkondig word. Ek glo in, “vuur in die preekstoel, vuur in die gehoor”. Onthou dat onkundigheid is nooit ‘n verskoning in God se oë. Ons is ‘n huis van lewende stene saamgevoeg deur die Heilige Gees waarvan Jesus Christus die hoeksteen is. Ons is lede van die liggaam van Christus waarvan Hy die Hoof is. Geen persoon moet ooit dink dat hy of sy die hoof is nie, ‘n liggaam kan nie twee hoofde hê nie. As ons nie in die liggaam meer ‘n funksie het nie leer die Bybel dat ons dood is en afgekap en weggooi sal word.

Baie menslike organisasies of denominasies eis of beweer dat hulle deel is van Christelike Kerke. Enige instansie wat nie die volle leer van Jesus Christus verkondig en die vermetelheid het om nog hulle eie leerstellings by te

voeg is nie van God nie, Galasiërs 1:8 en 9. Die Kerk bestaan nie uit wedergebore en ongeredde mense nie, almal moet wedergebore wees.

Die volgende punte is belangrik vir deelname in ‘n lokale Kerk:

1. Wedergeboorte en ware Christelike lewenstyl.

2. Die enigste aanvaring van magtiging, die Bybel en gehoorsaamheid daaraan.

3. Die gemoedsrus van u gewete en persoonlike verantwoordelikheid teenoor God die Vader.

4. Die aanvaarding van u kerkleiers en organisasie van ‘n lokale Kerk.

Die hoofdoel van die Kerk is om te doen wat Jesus Christus hier op aarde begin het. Die liggaam van Jesus Christus word saamgestel deur die Heilige Gees. Die Kerk hier op aarde het begin alreeds toe die bediening van Jesus hier op aarde begin het, nie op die dag van Pinkster soos baie glo nie. Hierdie stelling is baie duidelik soos gesien kan word van 1 Korinthiërs 12:28, “God het in die gemeente eerste gestel apostels ens. Wanneer het Jesus apostels aangestel? nie op die dag van Pinkster nie. Op die dag van Pinkster toe word daar alreeds 3000 bygevoeg en ‘n paar dae later weer 5000. Mense word nog steeds daagliks by die gemeente gevoeg. So sal dit aanhou totdat Jesus sal kom om ons te kom haal op die wolke, so sal ons dan saamgevoeg word met die gelowiges van alle eeue.

Die Heilige Gees verenig lidmate met die liggaam van Jesus as lidmate van Sy Kerk met bekering. Die Kerk word vergelyk met die liggaam van ‘n persoon met sy baie ledemate. Christus is die Hoof van die liggaam en gemeente. Efesiërs 1:22-23, ‘En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul’. Efesiers 5:23, Elke wedergeboorte lid het ‘n funksie om te volbring in die liggaam.

Die Bybel bevestig die belangrikheid van Kerk lidmaatskap - om by ‘n lokale kerk ingeskakel te wees. Dit leer ons dat dit onmoontlik is om ‘n Christen te wees onafhanklik van die liggaam van Jesus Christus, omdat God het bepaal dat elke Christen het ‘n plig en verantwoordelikheid om te vervul in die liggaam van Christus. Romeine 12:4-8, ‘Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ’n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid’. Sien ook 1 Korinthiers12:14-18, 25; Efesiërs 4:15-16.

God het ons in die liggaam gestel om Sy doel te bereik, nie ons doel nie, wanneer ons dus nie by ‘n gemeente wil inskakel, weier ons om by die liggaam van Christus in te skakel, want Hy is die hoof van die liggaam, 1 Korinthiërs 12:12. Dit is nie baie wys van iemand om doelbewus nie by ‘n gemeente in te skakel nie en nog steeds dink dat hy deel is van die liggaam van Christus. ‘n Liggaam is ‘n georganiseerde groep dele en ledemate en geen deel kan funksioneer as dit nie ingeskakel is by die liggaam. Hierdie stelling geld vir fisiese en geestelike doel. Geen lid van ‘n liggaam kan funksioneer as dit ontkoppel is van die liggaam, net so kan geen geestelike liggaam van die Kerk funksioneer indien dit nie ingeskakel is by die liggaam, Hebreërs 10:24-25.

Die Kerk is ‘n self-voortplantige organisasie. Dit is ‘n lewende organisme wat self voorplant en groei soos wat die lede die Evangelie verkondig, Romeine 1:16, ‘Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek’. Handelinge 2:38; 4:4; 5:12-14; 6:7; 11:19-26; 13:48; Ons sien in Handelinge 11:26 dat die terme “Christene” die eerste keer in Antiochië gebruik was vir volgelinge van Christus. Om ‘n Christen genoem te word is die hoogste eer wat enige mens kan ontvang, Handelinge 26:28; 1 Petrus 4:14-16.

Die kerk van Christus word as ‘n man bespreek in die Bybel. Daar is baie mense wat leer dat die Kerk - die liggaam van Christus is ‘n vrou, hoe so, Jesus is die hoof en Hy is dan ‘n man? Daar kom verwarring met die Heilige Stad Jerusalem wat as ‘n bruid beskou word. Nêrens in die Bybels sal u lees dat die liggaam van Christus is vroulik. Dit is ‘n feit dat die bruid van Christus word as man beskou, Efesiërs 2:15-16; 4:11-13. Sommige van die nuwe parafrase vertalings van die Bybels verwys na die bruid van Christus as ‘n vrou. Hoe kan die bruid van Christus in een vers ‘n vrou wees en dan in die ander ‘n man wees? Die Bybel weerspreek nie dit nie, dit is die vertalers se skuld wat dit verkeerd doen.

Baie verwys na Romeine 7:1-6, waar Paulus eenvoudig ‘n man en sy vrou gebruik om te wys dat as die een van die twee sterf die ander vry is van die wet van die huwelik. Paulus verwys na Christene wat dood is vir die wet van sonde om dan aan Christus te behoort.

Wie is die bruid van Christus? Openbaring 19:7-9 met 21:2, 9-10,18-27. Hierdie is die bruid van Christus: die Heilige Stad, Nuwe Jerusalem. Nuwe Jerusalem is die Bruid van Christus wat haar self ‘gereed gemaak het’ in vers 19:7 en was voorbereid soos ‘n bruid vir haar man’ in vers 21;2. Nuwe Jerusalem is die Stad van God wat God aan al die Ou Testament gelowiges belowe het en Jesus dit aan al die Nuwe Testament gelowiges belowe het. Hulle sal almal gaan woon in die Heilige Stad Jerusalem, Johannes 14:1-3; Hebreërs 11:1-2, 13-16; 12:22-23; 13:14; Openbaring 3:12; met 14:1-5; 15:2-4; 20:4-6; 22:1-5. Ons sien verder dat die Kerk is ook as ‘n man beskryf, 2 Thessalonicense 2:7. Die hy wat die Anti-Chris verhoed is die Kerk, 2 Thessalonicense 2:1-9. Dit verwys na die ‘opraping’ van die Kerk, wanneer die Kerk ‘weggeraap’ sal word om die Christene weg te neem saam met Jesus met die ‘wegraping’, I Thessalonicense 4:13-18; 1 Korinthiërs 15:12-23, 32, 42-44, 50-58. Openbaring 20:4-6. Baie Christene dink dat die hy in 2 Thessalonicense 2:7 is die Heilige Gees, maar dit is nie so, soos die volgende Skrifte duidelik wys. Verder sal die Heilige Gees nog op aarde wees na die wegraping om die menigte te oortuig van sonde wat in die tydperk van die Anti-Chris sal lewe op aarde

KOM ONS KYK NA DIE 5 BEDIEINGE IN DIE NUWE TESTAMENT KERK:

“En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus”  Efesiërs 4:11-16.

1.  APOSTELS:

Die apostel is die hoogste rang in die struktuur van die bediening, 1 Korinthiërs 12:28 en sou nog steeds wees as ons vandag 'n persoon as 'n apostel kon kwalifiseer. ‘n Apostel sal kom uit die ouderlinge van u gemeente. Die woord apostel beteken letterlik ‘een gestuur op 'n spesiale sending’. Ons sien met ander woorde dat die apostel soos 'n ambassadeur is. Een wat sou agterbly stuur die apostel. Die een wat gestuur is gaan om dieselfde werk te doen as wat die een wat hom gestuur het sou doen indien hy self gegaan het. Die Ouderlinge bly agter om die gemeente te pas en Geestelike groei te handhaaf.

Jesus Christus was 'n apostel deur God die Vader gestuur. Hebreërs 3:1, “Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus”. Jesus het ander verkies om apostels te wees ná sy hemelvaart soos gesien kan word in 1Korinthiërs 12:28; Efesiërs 4:11. Wanneer mens op die stadium kom waar hy/sy die werke van Christus kan doen, is hy/sy ‘n ware apostel, Johannes 14:12, 1 Korinthiërs 9:1-6, 2 Korinthiërs 12:12.

Baie Christene glo dat die gawe van ‘n apostel in die kontemporêre kerk is vervang met die bediening van ‘n sendeling, en glo my daar is baie sendelinge wat die werk doen van ‘n apostel en behoort daarvoor erkenning te kry. Die bediening van ‘n apostel en sendeling is dieselfde, hulle albei evangeliseer, plant kerke gee instruksies en vestig gelowiges in geloof. Elke apostel is ‘n sendeling en nie elke sendeling is ‘n apostel. Verder is elke apostel ‘n ervare ouderling in die Nuwe Testament Kerk maar nie elke sendeling. Dit is die ouderlinge van die gemeente aan wie God die beheer en bestuur van die Nuwe Testament Kerk oorgelaat het.

Die apostel wat die kerk geplant het was die eerste wat dan die ander moet aanbeveel as diakens en ouderlinge volgens die gawes van Efesiërs 4:11. Hulle moet dan ook die standaard van verordineering kan handhaaf van 1 Timótheüs 3:1-7, ‘Dit is ’n betroubare woord: as iemand na ’n opsienersamp verlang, begeer hy ’n voortreflike werk. ’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig; en Titus 1:4-9. Die hoeveelheid ouderling sal daarvan afhang hoe groot die gemeente is. Hulle word dan medewerkers in die gemeente saam met die leier van die bediening, Handelinge 15:1-27; 21:17-25. Hierdie en voorafgaande Skrifte bevestig ook dat die bediening van die gemeente is nie net die verantwoording van een persoon nie maar ook ouderlinge as mede-werkers. Dan moet daar in ag geneem word dat ons kry valse apostels wat dienaars van Satan is, 2 Korinthiërs 11:13-15.

2.  PROFETE:

Van die Griekse woord ‘prophetes’ wat “verkondiger van waarheid”. Die profeet se hoofdoel is om te troos en om die gelowiges te ondersteun, 1 Korinthiërs 14:3. Die profeet word ook genoem as ‘n prediker wat gebruik is om die gelowiges toe te rus vir die bediening in die vroeë kerk, soos gesien kan word uit Efesiërs 4:11,12; Handelinge 13:1-5.  Dan is daar ook profesie, as een van die gawes van die Gees. Ons lees in 1 Korinthiërs 14:29-32: “Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel". Vers 31, “Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word." Vers 32: "En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe”. Profete is tweede op die lys van bediening om die Kerk voor te berei vir diens, Efesiërs

4:11-12; I Korinthiërs 12:28. Daar is baie kerke wat verkondig dat die gawe van apostel en profeet nie meer bestaan nie, dat dit opgehou het met die eerste gevestigde gemeente. Maar soos ons studie dit bewys is dit onwaar, Mattheüs 24:14; Johannes 17:18-21; Efesiërs 3:1-12; 4:7-16;5:25-27. Die Bybel leer duidelik dat Jesus Christus het die Gawes aan die Kerk gegee en dit sal wees waar die Kerk bestaan. Die Gawes is van veel belang vir die bestaan van die Kerk, “om die heiliges toe te rus vir hul dienswerk”. Dit is die Gawes se doel om die heiliges toe te rus en te vestig in geloof. Die Bybel is ons enigste hulp en maatstaaf om elke lering te bevestig.

Kom ons kyk nou na eienskappe van valse profete in die Nuwe Testament Kerk. Jesus, Paulus, Petrus en Johannes het ons gewaarsku dat hulle bestaan en hoe ons hulle kan onderskei. Jesus het gesê dat hulle kom in ‘skaapkleding’. Van buite lyk hul heel onskuldig maar van binne is hul roofagtige wolwe. Ons sal hul aan hul vrugte ken! Dit is een van die goeie redes dat ons die Skrifte behoorlik moet ken en dit is een goeie rede hoe ons vals persone kan onderskei, Mattheüs 7:15-23; Handelinge 20:29-32; 2 Petrus 2:1-3; 1 Johannes 4:1-6. I Johannes 4:1, ‘Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan’. Maak dit u plig om alle leerstelling van die kerk te toets met die Skrif, Handelinge 17:10-11; 1 Thessalonicense 5:21; 2 Petrus 1:16-19. Die Skrifte is die enigste maatstaaf wat ons alle stellinge mee kan toets ongeag wie dit ook leer of verkondig. Wees versigtig vir ou ‘patrihotiese’ predikers wat “heiliger as jul almal” wil speel. Maak ook seker dat jul nie ‘n ‘parafrase’ Bybel gebruik.

3.  EVANGELISTE:

As siele gered word wanneer 'n persoon die Evangelie van Jesus Christus verkondig, dan is daardie persoon werksaam as 'n evangelis. Timótheüs het die bediening van 'n evangelis gehad, soos in 2 Timótheüs 4:5 gesien word: “Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening”.  Ons lees ook van Filippus die evangelis in Handelinge 21:8: “en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis”. Daar is geen verwarring in die kontemporere kerk oor die gawe van ‘n evangelis soos met apostels en profete. Evangelis van die Griekse woord, “euaggelistes” is verkondigers van die Evangelie, die wat die goeie nuus van Jesus Christus verkondig, Romeine 1:16; 10:13-15. Evangeliste preek vir die ongereddes, waar die apostels en profete preek vir gereddes en ongereddes.

Evangelisasie is nie net oor prediking, dit is ook die demonstrasie van die krag van die Heilige Gees in die prediking, Markus 16:16-20; Romeine 15:18-21; 1 Korinthiërs 2:4-5. Jesus het nie net gepreek; Hy het vir die siekes gebid, dooies opgewek, blindes se oê geopen, Hy het die verlamdes laat opstaan en die dowes laat hoor ens. Jesus het die Evangelie verkondig met woord en daad, nie net met woord, 1 Korinthiërs 4:20. Dit is die krag van die Heilige Gees en Sy teenwoordigheid wat mense in oortuiging gebring het, Handelinge 6:1-10; 8:4-8 Meer as 5000 mense het gelowig geword as gevolg van ‘n kruppel bedelaar wat genees was, Handeling 3:1-4.

4.  HERDERS:

Die woord ‘herder of pastoor’ is afkomstig van die Griekse woord ‘poimen’ wat herder beteken. 'n Herder word gesien om die kudde op te pas. Die Bybel verwys ook na 'n herder as 'n leier. Hy is die een wat oor die kudde van God waak. 'n Herder se assistent is 'n diaken soos in die Skrif gesien kan word. 'n Herder is 'n persoon wat uit die gemeente van gelowiges kom waar 'n kerk alreeds in 'n gemeenskap gevestig is. Poimen, word 18 kere gebruik in die Nuwe Testament en net een keer vertaal as ‘pastoor’ in Efesiërs 4:11. Die ander 17 kere word dit vertaal as ‘herder’. Die woord word 11 keer gebruik direk of indirek met verwysing na Jesus, Mattheüs 25:32; 26:31; Markus 14:27; Johannes 10:2; 11:12, 14, 16; Hebreërs 13:20; 1 Pertus 2:25. Jesus het die woord twee keer gebruik met verwysing na ander, Mattheüs 9:36; Markus 6:34. Die direkte woord ‘pastoor’ word nêrens in ons Bybel gebruik.

5.  LERAARS:

‘n Leraar (Teacher) is een wat ander leer om dinge beter te verstaan, soos onderwyser​​. Jesus is 'n goeie voorbeeld van 'n leraar.  Johannes 3:2, “Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het”. Ons lees dat Paulus ook ‘n leraar was, 1 Timótheüs 2:7.  ‘n Leraar is een wat God en die Woord ken, ‘n leier en een of al die bogenoemde bedieninge kan hê. Leraars word derde geplaas in die gemeente of Kerk, 1 Korinthiërs 12:28. Die Leraar se doel is om te leer, om te onderig, om te disiplineer, om te beinvloed. Die hoof doel van ‘leraar’ is om te waak dat die ware evangelie verkondig sal word in die gemeente. Om ook seker te maak dat die regte rigting gevolg sal word in verduideliking van die Skrif, 2 Timótheüs 1:8-14; 2:2; 3:16. Leraars behoort met outoriteit te onderrig. Hulle moet teoloë wees wat die woord in waarheid reg sny, 1 Timótheüs 6:3-4; 2

Timótheüs 1:13; 1 Petrus 4:10-11. ‘n Leraar se lewe is een van studie en persoonlike voorbereiding in die Skrif en moet altyd bereid wees om ook verder te leer, Romeine 2:21; 1 Korinthiërs 2:9-13. Indien ‘n leraars nie bereid is om self te leer hoe kan hy/sy dan ander leer? Hulle moet ook nie baie van hul self dink of om ‘opgepof’ te wees, 1 Korinthiers 8:1-2; Jakobus 3:13-18.

Daar is vals leraars in die Nuwe Testament Kerk net soos wat daar vals apostels en vals profete te kry is en daar is baie Skrifte wat ons waarsku ten sulke mense. Hulle mag van buite onskuldig lyk en gesiene predikers wees maar van binne is hulle vol doodsbeendere, Mattheüs 7:15-23; 13:25-30; Handelinge 20:29-30; 2 Korinthiërs 11:12-15; Titus 1:10-14; 2 Petrus 1:1-3; Judas 4; Openbaring 2:20. Vals leraars soos vals apostels en profete sal uitgeken kan word met die Skrif in vergelykenis, soos wat ons bevel word deur die Bybel om te doen, 1 Thessalonicense 5:21; 1 Johannes 4:1-6; 2 Johannes 7:11. Christene behoort geen lering sommer te aanvaar op sig waarde, dit moet altyd deur die Skrif bevestig word, nie deur lang dradige verskonings, Handeling 17:10-12.

Soos daar baie vals leraars vals apostels en vals profete in die kerk is, is daar ook baie vals ‘christene’ wat hulle aanvaar, 2 Timótheüs 3:1-7; 4:1-4. Maar, die oordeel wat op vals leraars sal kom met die eind tyd sal baie erger wees as oor die sondaars, Lukas 12:41; Hebreërs 10:26-31. Die Skrif leer dat net soos daar verskillende grade en belongings in die hemel sal wees oor ons aardse gedrag, so sal daar belonging in die hel wees maar die ergste sal vir valse leraars wees. Ware leraars en ander geestelike leiers moet waak teen vals lering en teen ander persone wat afvallig geword het van die geloof. Leraars moet die waarheid verdedig en die kerk bewus maak van vals lering. Indien u ‘n leier in u gemeente is waarsku u die gemeente teen aanslae van Satan met verdraaide parafrase Bybels, soos die van die Nuwe vertalings in Afrikaans?

WAT OMTRENT DIAKENS?

Volgens die SAkrif kan diakens ook net manlike wees. Soos opsieners moet diakens ook die man van een vrou wees indien hulle getroud is, 1 Timótheüs 3:1-18. Die terme diaken verwys hoofsaaklik na iemand wat na anderse behoeftes omsien. In die Nuwe Testament die woord ‘diakonos’ verwys na huihoudelike dienaars, Johannes 2:5, 9. Die vogelinge van Christus in verhoudings met hul meester, Johannes 12:26; Efesiërs 6:21; Kolossense 1:7; 4:7; die volgelinge van Christus in verhoudings tot ander, Mattheüs 20:26; 23:11; Markus 9:35; 10:43, die volgelinge van Christus in verhoudings met prediking en lering, 1 Korinthiërs 3:5; 2 Korinthiërs 3:6; 6:4; 11:23; Efesiërs 3:7; Kolossense 1:23,25; 1 Thessalonicense 3:2; 1 Timótheüs 4:6.

Ons sien dus dat in terme van die Bybel het ‘n diaken baie meer verpligtinge as wat in die kontemporere kerk geglo word. Die algemene opvatting in die kontemporere kerk is dat ‘n diaken doen slegs minimale dienste soos op die deure van die gebou oop te sluit, stoele reg te skuif, ligte aan te skakel en offerhande op te neem ens. Die Bybel leer nie dat dit so is nie. Die verwarring in die kontemporere kerk is dat hulle stelling gebruik van Handelinge 6:1-6. Dit is aanvaarbaar dat volgens 1 Timótheüs 3:1-13 die amp van ‘n diaken baie meer is as net dit.

Alledaagse dinge moet gedoen word, maar om die plig van ‘n diaken te beperk tot net alledaagse dinge sit ‘n beperking op God se plan vir die Kerk. In konteks met 1 Timótheüs 3:1-13 is dit verbasend dat die terme diaken gelykstaande aan die van ‘n opsiener en ouderling is. Dit dui dat diakens is assistente vir leraars en ouderlinge is maar in die kontemporere kerk is diakens beperk net tot hande diens. Die kwalifikasie van ‘n diaken word uitgespel in 1 Timotheus 3:1-13 en nie in Handelinge 6:1-6 soos baie in die kontemporere kerk leer. Daar moet ook kennis geneem word dat ‘n diaken het geen leierskap amp in die Kerk. So vir die Nuwe Testament kerk om onder die ‘raad’ van ‘n paar diakens val is duidelik nie Skriftelik. God se plan is duidelik dat die Kerk se leierskap moet val onder ‘n groep ouderlinge as n’ groep diakens.

DIE ORDINERING VAN AMPSDRAERS:

God die Vader het Jesus Christus verordineer om as Verlosser na hierdie wêreld te kom soos in Handelinge 17:30 31, vers 31b gesien word: “omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het”.  Die woord verorden beteken om te kies, aan te stel en 'n persoon uit te sonder wat  op 'n spesiale bediening gestuur word. Ordinering is eenvoudig die erkenning van 'n gekwalifiseerde persoon om te doen wat hy deur God geroepe is om te doen. Dit is die erkenning deur 'n kerk en sy leiers van 'n man wat sekere voorbereiding vir 'n bepaalde werk vir God ontvang. Niemand mag tot so doel aangestel word totdat hy bevoeg is om dit uit te voer nie. Die persoon wat aangestel word, moet nie net deur God gekies word nie, maar moet ook deur die gemeente erken en deur behoorlike kerk amptenare uitgesonder word in 'n spesiale diens van onderrig, gebed en handoplegging soos gesien kan word in Handelinge 6:1-8; Handelinge 12:1-3; Handelinge 14:23; 1 Timotheüs 4:14; 1 Timotheüs 5:22; 2 Timotheüs 1:6; Hebreërs 6:1-3.

Soos ons voorheen geleer het dat die woord ‘episkopos’, die Griekse woord vir biskop/opsiener en die woord ‘presbuteros’ die Griekse woord vir ouderling/opsiener verwys na manlike kandidate in die Nuwe Testament sien ons dat net mans verordineer was vir ampte in die Nuwe Testament Kerk. Ook die feit dat net mans aangespreek was deur skrywers van die Nuwe Testament wat begerig was om opsienersampte beklee bepaal dit dat daar geen melding gemaak was vir vrouens in sulke ampte.

WAT OMTRENT VROUE IN PUBLIEKE BEDIENING?

Paulus verhinder vroue nie om te leer, onderrig te gee, bestraf, te bid of te profeteer, die Skrif laat dit toe, Handelinge 2:17; 18:24-26; 21:8-9; 1 Korinthiërs 11:5; 14:13; Filippense 4:3; 2 Timótheüs 1:5; 3:14-15; Titus 2:3-5. Alhoewel vrouens kan ander vrouens dogters en kinders leer en hulle mans help in die bediening met voorbereiding, maar vrouens word verbied om in die Kerk oor mans autoriteit te handhaaf. 1 Timótheüs, 2:10-12, ‘Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom’. Dit het niks te doen gehad met vrouens se kultuur in Paulus se tyd soos verkondig word deur kontemporere kerke wat vroue verordinering in die publieke bediening in die Kerk toelaat. Die mens het geen reg om die woord van die Here wat tot in ewigheid bly te verander, Lukas 21:33; 1 Petrus 1:23-25. 1 Timótheüs 2:13-14, ‘Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom’.  Paulus verduidelik wat sy verweer teen vroue is om nie oor mans te probeer regeer. Hy verwys na die orde van God se skepping en dat die vrou die een is wat haar laat verlei het. 1 Korinthiërs 11:3, ‘Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus’. Hierdie Skrifte bevestig dat vroue nie in leierskap toegelaat word in die Kerk. Die Griekse woord ‘gune’ is ook gebruik in 1 Timotheus 3:11. Hier word die woord duidelik gebruik in ‘man en vrou huwelik verhoudings gebruik. Dit besktyf nie vroue diakens maar vrouens wie se mans diakens is. Die selfde Skrifte bespreek manlike ouderlinge en hul vroue, 1 Timótheüs 3:1-13.

Dit bring ons nou na die vraag van vrouens wat in die kontemporere kerke verordineer word as predikers, diakens en ouderlinge? Daar is geen Nuwe Testament Skrifte om dié dade te bevestig nie. Die Bybel is baie duidelik oor die aspek van vroue in publieke diens. Daar is geen plek waar vrouens verorduineer was vir publieke diens. Die Skrifte is baie duidelik dat net mans as model aangestel of verordineer was in die Nuwe Testament Kerk en ons behoort dit so te aanvaar sonder om dit te probeer verander of by te voeg, 1 Timotheus 2:8-14. Opinies verskil onder sekere Christene na wie hierdie Skrifte verwys, vroue in die algemeen of getroude vroue.  Die Griekse woord ‘gune’ verwys na ‘n vrou volgens die konteks waarin die woord gebruik word. In die geval enige vrou getroud of ongetroud.

Paulus deel hier met die algemene gedrag van vroue in die Kerk. Dit het hier te doen met orde in die Kerk en orde in die posisie van mans en vrouens nie met die verhoudings tussen ‘n man en vrou soos in 1 Korinthiërs 14:34-35. In 1 Timótheüs 2:8, wil Paulus mans eerder as vrouens die bestuur in die Kerk lei. In vers 12 verbied hy vrouens om enige gesag of outoriteit toe te pas oor mans in die Kerk. So volgens hierdie Skrifte is dit die man se plig om onderig in die openbare diens te gee, want volgens Paulus het God dit so beskik.

Die Bybel leer nie dat Fébé ‘n ‘diakoness’ in die gemeente van Sesarea was, Romeine 16:1-2. Dit word net gemeld dat sy ‘n dienares was in die Kerk daar. Soos ons reed gelees het die woord ‘diakones’ beteken net ‘n dienaar in die gemeente en nie diaken. ‘Succorer’ is die woord wat haar plig bestempel het en dit was vroulik vir ‘patron’ dit was ‘n woord wat die Grieke gebruik het vir vroulike bedienaars in hul huise. Hierdie is net vir die kontemporere kerk wat beweer Fébé was ‘n diakeness. Daar was baie vroue wat in die begin van die Nuwe Testament Kerk pligte uitgevoer het maar nie een in ‘n leierskap amp.

Daar is ‘n ander punt wat ons hier wil deel. Dit is titels wat mans en vrouens eien in die kontemporere kerk om hulle mags-posisie te probeer bepaal, Doktor so…. en doktor so… of professor so… en professor so…Die mees algemene een is ‘pastoor’. Was dié woord in die Nuwe Testament Kerk gebruik? Ons sien in die Nuwe Testament dat titels was nie baie gewild, Mattheüs 23:2-11, ‘Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word’. Markus 10:35-45 en Lukas 22:24-27. Jesus was die stigter van alle bedieninge in die Kerk nogtans was Hy die dienaar van almal.

                                                                Saamgestel deur Chris Mengel Snr.

                                                                    HIERDIE BLADSY BO PUNT