Christen Kerk                   ons preek wat die Bybel leer     

                                                                                 

                                                           JESUS CHRISTUS DIE SEUN VAN GOD

‘Jesus’ is die Griekse uitdrukking van die Hebreëuse naam ‘Josua’, wat ‘die HERE is redding’ beteken, Matthéüs 1:21. Jesus word ook 'Christus' genoem, afgelei van die Griekse woord ‘Christos' wat 'Messias', gesalfde van God, beteken.

 

1. Johannes 1:1-2, ‘In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God’. Dit sien op die voor-bestaan van Jesus as God en sy mede-gelykheid met die Vader. Die 'Woord' verwys na Jesus as die openbaring van God. Hebreërs 1:1-2, ‘Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun, wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.’ Die frases ‘in die begin’ Johannes 1:1, en 'van die begin', 1 Johannes 1:1, verwys nie na die begin van tyd nie, maar na die feit dat Jesus bestaan het voordat daar 'n begin was, Johannes 17:5, ‘En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. Hier verwys Jesus na sy pre-geïnkarneerde heerlikheid wat Hy saam met die Vader van alle ewigheid gedeel het 'voordat die wêreld was'. Jesus het uit die hemel gekom met Sy menswording en is weer met sy hemelvaart, na die opstanding, terug in die hemel opgeneem, sien Johannes 3:13.

 

2. Die volgende aspek van Jesus se bestaan is sy menswording; wanneer Hy die menslike gestalte aangeneem het... Johannes 1:14 “En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon”, die gebeurtenis wat die verloop van die wêreld verander het, Dit was tydens sy menswording dat Jesus God se seun geword het, Matthéüs 3:17, ‘En daar kom ’n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het’. Die menswording fokus op die maagdelike geboorte van Jesus. Dit is een van die sentrale leerstellings van die Christelike geloof, Johannes 3:17, ‘Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.’

 

3. Jesus is besny agt dae ná sy geboorte soos vereis onder die wet van die Ou Verbond. Nadat Maria se suiwering voltooi is, het sy en Josef hom na Jerusalem geneem om Hom aan die Here voor te lê, Matthéüs  2:1-11, 13-15, 19-23; Lukas 2: 1-12, 16-17, 21-22, 25-32, 36-40. Verder is daar geen rekord van Jesus se kinderdae in die Skrif nie, anders as dié van sy reis na Jerusalem saam met Maria en Josef ten tye van die Fees van die Pasga, toe Hy twaalf jaar oud was, Lukas 2:41-52.

 

4. Die volgende vermelding van Jesus in die Skrif is dié van Sy doop deur Johannes die Doper, toe hy omtrent dertig jaar oud was, Lukas 3:23, ‘En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het’.  Markus 1:9-12,’ En in daardie dae het Jesus van Násaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop. En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos ’n duif op Hom neerdaal. En daar het ’n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het’. Lukas 3:1-6, 15-17, 21-23 en Johannes 1: 6-9, 15, 19-34. Dit was die teken wat God aan Johannes die Doper gegee het sodat hy sal weet dat dit Jesus is, Jesaja 11:2; 42:1-4; 61:1-4 met Johannes 1:32-34. Dit was nie nodig dat Johannes vir Jesus doop nie. Johannes se doop was 'n doop van bekering tot vergifnis van sondes. Johannes het geweet dat Jesus sondeloos was en nie nodig gehad het om vir die vergifnis van sondes gedoop te word nie, maar Jesus het daarop aangedring dat Johannes Hom doop om “alle geregtigheid te vervul”, Matthéüs 3:13-15. Jesus is gedoop om met sondaars te identifiseer.

 

5. Na Sy doop deur Johannes is Jesus deur die Heilige Gees in die woestyn geneem waar hy deur die duiwel vir veertig dae lank versoek was, Matthéüs 4:1-11; Markus 1:12-13; Lukas 4:1-15. Dit leer dat slegs deur algehele onderwerping aan die gesag van God se Woord, soos Jesus gedoen het, Christene in staat sal wees om die versoekings wat hulle in die Christelike lewenswandel teëkom, te bowe kom, Psalm 119:9-16; 2 Korinthiërs 10:3-5; Efesiërs 6:10-18; Hebreërs 4:12 met Jakobus 4:7; 1 Petrus 5:8-9.

 

6. Kyk na Jesus se aardse bediening; die belangrikste fase van hierdie bediening, wat slegs sowat drie jaar geduur het, het in Galilea begin nadat Hy die duiwel oorwin het. Jesus was 30 jaar oud toe Sy bediening begin het volgens Lukas 3:23, ‘En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het’. Dit was hier waar Jesus die twaalf dissipels versamel het, Mattheus 4:12-23; Markus 1:14-21; 2:13-14; Lukas 4:14-21,38; 5:1-11, 27-29 ook Mattheus 10:1; Markus 6:7; Lukas 6:12-16. Dit was by Kana in Galilea waar Jesus sy eerste wonderwerk verrig het, drie dae nadat Hy sy aardse bediening begin het, en as gevolg daarvan het die dissipels in Hom geglo. Hy het by die troue in Kana, water in wyn verander, Johannes 2:1-11. Dit was maar die eerste van baie wonderwerke wat deur Jesus tydens sy aardse bediening gedoen is. Daar was talle wonderwerke van genesing van allerhande siektes en kwale. Menigtes het gesond geword, Mattheus 4:23-24; 8:1-4, 5-13, 14-17; 9:20-22,35; 12:10-16; 14:14, 34-36; 15:21-28, 30; 19:1-2; Markus 6:5-6; Lukas 5:15; 6:17-18; 13:10-13; 14:1-4; 17:11-19; 22:50-51; Johannes 4:46-54.

 

Jesus het duiwels uit mense gedryf wat deur hul in besit geneem is, Matthéüs 8:28-33; 9:32-33; 12:22; 17:14-18; Markus 1:21-28, 39; Lukas 8:2. Hy het verlamdes weer laat loop, Matthéüs 9:1-8; 21:14; Johannes 5:2-9. Die dooies is opgewek tot lewe, Matthéüs 9:18, 23-26; Lukas 7:11-16; Johannes 11:1, 6-7, 11-17, 20-26, 32-34, 38-45. Hy het blindes laat sien, Matthéüs 9:27-31; 12:22; 20:30-34; 21:14; Markus 8:22-26; 10:46-52; Johannes 9:1-7. Hy het dowes laat hoor en stommes laat praat, Mattheus 9:32-33; 12:22; Markus 7:31-37. Jesus het wonderbaarlik oor die vyf duisend mense met net vyf brode en twee visse gevoed, en kort daarna weer oor die vier duisend met sewe brode en 'n paar vissies, Mattheus 14:15-21; 15:32-38. Jesus het die natuur teengewerk en op die water geloop, Matthéüs 14:22-27. Jesus was ook verantwoordelik vir twee wonderbaarlike vangste van vis, die eerste net nadat hy sy bediening begin het, nog voordat Hy die twaalf dissipels gekies het, Lukas 5:1-11. Die tweede vangs was na Jesus se opstanding nadat die dissipels weer na visvang teruggekeer het, Johannes 21:1-14. Dit is al die wonderwerke van Jesus wat in die Bybel opgeteken is. Hulle is hier gelys sodat Christene kan weet dat dit werke is wat Jesus belowe het dat hulle sal kan doen, en selfs groter werke as dit, Johannes 14:12-14. In Johannes 4:34-36 vergelyk Jesus die redding van siele met die oes van graan. Jesus benadruk die dringendheid om siele te red hier aan Sy volgelinge.

 

7. Baie van Jesus se onderrig was deur middel van gelykenisse; wat leringe is wat die waarheid deur vergelyking verkondig. Dit is stories wat uit die natuur of menslike omstandighede geneem word om 'n morele of geestelike waarheid te leer. Jesus het omvattend deur gelykenisse geleer, want hulle het 'n dubbele doel; hulle openbaar die waarheid aan diegene wat dit wil aanvaar, en verberg dit van diegene wat dit nie wil aanvaar nie, Matthéüs 13:10-17, 34-35; Markus 4:33-34. Die doel van die gelykenisse is om die aandag van die hoorder te trek en dit te hou. Die betekenis van die gelykenis moet bestudeer word, dit is nie die verhaal wat van waarde is, maar die les wat daardeur geleer word. Daar word 'n vergelyking gemaak en die hoorder moet die ooreenkoms van die dinge wat vergelyk word sien om die les te leer.  Byvoorbeeld, dissipels van Johannes die Doper het na Jesus gekom en Hom gevra hoekom sy dissipels nie die Ou Testamentiese godsdienstige praktyk van vas volg nie, Matthéüs 9:14. Jesus het gereageer met 'n gelykenis, Matthéüs 9:16-17: die verhaal van die ou en nuwe lappe en sakke. Hier voorspel Jesus die afskaffing van die Ou Verbond en die volledige vervanging daarmee met 'n Nuwe Verbond. Deur die gebruik van die beginsels dat ‘n nuwe lap as 'n pleister op 'n ou kleed meer skeur, en nuwe wyn wat uit die ou leersakke bars, het Jesus dit duidelik gemaak dat Hy nie gekom het om as 'n hervormer die ou uitgetrapte Ou Verbond te kom lap nie, maar dat Hy die Ou Verbond totaal en al met ‘n Nuwe Verbond kom vervang. So dit het gegaan oor leerstellings.

 

8. In die ure, in die aanloop tot sy dood het Jesus deelgeneem aan die Pasga saam met die dissipels, waartydens Hy die Avondmaal, of die Nagmaal, soos dit algemeen genoem word, ingestel het, Matthéüs 26:26-28; Markus 14:22-24; Lukas 22:19-20 met 1 Korinthiërs 11:23-26. Paulus het die openbaring van die nagmaal van Jesus self ontvang. Nadat hulle die Pasga geëet en Judas Iskariot hul verlaat het om Hom te verraai, het Jesus na die tuin van Getsemane gegaan om te bid. Terwyl Jesus in die tuin was, is Hy in hegtenis geneem, Mattheus 26:47-56; Markus 14:43-50; Lukas 22:47-54; Johannes 18:1-13. Al die dissipels het gevlug nadat Jesus in hegtenis geneem is. Slegs Petrus het Hom gevolg na waar Hy in gevange gehou was, maar toe word hy daarvan beskuldig dat hy saam met Jesus was. Petrus ontken dit drie keer soos wat Jesus vroeër voorspel het sou gebeur, Matthéüs 26:31-35, 69-75; Markus 14:26-31, 66-72; Lukas 22:31-34, 54-62; Johannes 18:15-27. Na 'n skynverhoor en géseling is Jesus weggeneem om gekruisig te word, aan die kruis gehang en vir dood agtergelaat. Kruisiging was die mees pynlike en vernederende vorm van die doodstraf in die antieke wêreld. Dit was hoe die Romeine in die openbaar misdadigers vertoon het, en hulle het die Seun van God op dieselfde manier behandel om die Joodse godsdienstige leiers te behaag, Matthéüs 27:15-26, 32-50; Markus 15:9-15, 20-37; Lukas 23:13-25, 26-46; Johannes 19: 5-16, 17-37. Jesus is saam met twee rowers, een aan die linkerkant van Hom, en een aan die regterkant, gekruisig, Matthéüs 27:38; Lukas 23:32 en Johannes 19:18. Let daarop dat Lukas vertel dat Jesus die een wat erken het dat Hy die Seun van God is en niks verkeerd gedoen het nie, gered het, Lukas 23:39-43.

 

9. Die oomblik toe Jesus gesterf het, het die voorhangsel van die tempel in twee geskeur; die grond het geskud en rotse het gebreek; grafte het oopgegaan en die dooies daarin het opgestaan uit die dood. Na Jesus se opstanding het hulle uit hul grafte uit opgegaan na Jerusalem, waar hulle deur baie mense gesien was; Matthéüs 27:52-54, ‘En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. Markus 15:38. Hierdie liggame kon nie uit hul grafte gekom het voordat Jesus opgestaan het uir die dood nie, want hy was bestemd om die Eersteling uit die dode te wees, 1 Korinthiërs 15:20-23; Openbaring 1:5. Die betekenis van die voorhangsel wat in die Tempel van bo tot onder in twee geskeur het, toe Jesus gesterf het, het beteken dat elke Christen van daardie tyd af in God die Vader se genadetroon in die hemel, deur Jesus se soendood, kon ingaan. Die voorhangsel verteenwoordig Jesus se vlees, Hebreërs 4:14-16; 10:19-23. Die voorhangsel verteenwoordig ook die middelmuur van skeiding wat Jode en nie-Jode uitmekaar gehou het, Efesiërs 2:14-18. Toe die voorhangsel in twee geskeur het, het dit skeiding afgebreek, en van toe af, ongeag van wie hulle is, is Christene almal een in Christus, Galasiërs 3:28. Nadat Jesus gesterf het, het Josef van Arimathéa, 'n dissipel van Jesus, Jesus se liggaam gevra en  in sý nuwe graf neergelê, Matthéüs 27:57-60; Markus 15: 42-46; Lukas 23:50-53; Johannes 19:38-42. Met die dood en begrafnis van Jesus, kom Sy aardse loopbaan tot 'n einde, maar met sy opstanding op die derde dag, lewe Hy as die verhewe Here, Handelinge 2:32-36; 5:30-32; Fillippense 2:5-11.

 

10. Voordat ons na Jeus se opstanding uit die graf kyk, moet daar kennis geneem word dat Jesus tussen Sy dood en opstanding aan die geeste in die gevangenis die evangelie verkondig het; 1 Petrus 3:18-20, ‘Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring, Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is’. (a) Die opgestane Christus het Homself eerste aan Maria Magdalena en die ander Maria geopenbaar toe hulle die Sondag oggend ná sy begrafnis, voor sonop, na die graf is om Sy liggaam met speserye te salf, Matthéüs 28:1-10; Markus 16:1-10; Johannes 20:1-18. (b) Jesus verskyn daarna aan die dissipels; aan twee van hulle op die pad na Ëmmaüs, Markus 16:9-13; Lukas 24:13-35. Toe aan die elf, Matthéüs 28:16-20; Markus 16:14-18; Lukas 24:36-48; Johannes 20:19-23. En laastens, aan die sewe dissipels wat visgevang het in die see van Tiberius, Johannes 21:1-24.

 

11. Veertig dae ná sy opstanding het Jesus opgevaar na die Hemel, Markus 16:19-20; Lukas 24:50-51; Handelinge 1:1-9. Christus se hemelvaart is in die Ou Testament deur Koning Dawid voorspel, Psalm 68:19, ook Efesiërs 4:8-10; Psalm 110:1 met Markus 16:19. Die ‘gevangenes’ in ballingskap, Psalm 68 en Efesiërs 4, was die siele van al die heiliges van God vanaf Abel tot Christus, wat gesterf het en gevange gehou is deur Satan, insluitend diegene wat opgewek is na Christus, Matthéüs 27:52-53 met Hebreërs 2:14-15; 12:23. Sedert Jesus se hemelvaart, wanneer Christene sterf, gaan hulle siele reguit na die Hemel waar hulle wag op die opstanding van hul liggame, 2 Korinthiërs 5:1-4; Hebreërs 12:22-23; Openbaring 6:9-11 met 1 Korinthiërs 15:20-23, 42-44, 51-58. Die gawes in Efesiërs 4:8 wat Jesus aan die mense gegee het toe Hy “opgevaar het in die hoogte”, was die gawes van die Gees en bedieningsgeskenke vir die kerk, vers 8 met 1 Korinthiërs 12:1-11a en Efesiërs 4:11-16.

 

12. Maar die werk van Christus wat die meeste in die Nuwe Testament beklemtoon word, is Sy intree-bediening namens Christene met God. Hy is hulle advokaat, bemiddelaar, hoëpriester en voorbidder, Romeine 8:33-34; 1 Timotheüs 2:5; Hebreërs 7:25; 8:1; 9:11-14; 1 Johannes 2:1. Jesus het dit deur Sy gestorte bloed moontlik gemaak vir Christene om met vrymoedigheid na die Troon van Genade, waar Hy aan die regterhand van God sit, te gaan. Die eerste aspek van sy huidige werk is die stuur van die Heilige Gees om sy volk in die weg van die ewige lewe te lei, om sondaars van hulle behoefte aan 'n Verlosser te oortuig, Johannes 14:16-17, 26; 16:7-15, en Christene vir diens aan God te bemagtig, Matthéüs 3:1-2, 11; Markus 1:1-6; 16:17-20; Lukas 3:2-3, 16; 24:49; Johannes 1:32-34; 7:37-39; Handelinge 1:4-8; 2:1-4, 38-39; 10:44-46; 19:1-6.Hulle kan weet dat hulle genade sal kry in hul tyd van nood, Kollossense 3:1; Hebreërs 1:3; 8:1; 10:12; 12:2 met Hebreërs 4:14-16. Barmhartigheid en genade word aan Christene uit die troon van genade verskaf deur Christus se voorbidding vir hulle met die Vader, Efesiërs 2:18; Hebreërs 10:19-22. Deur die voorhangsel heen, dit verwys na Sy liggaam in Hebreërs 10:20, wat verwys na wanneer Jesus aan die kruis gesterf het, het die sluier in die temple, wat simbolies die mens van God se teenwoordigheid geskei het, in twee geskeur, wat beteken dat die pad nou oop is vir almal wat glo dat Jesus direkte toegang tot die troon van God het, Matthéüs 27:50-52. God se kinders het nie meer nodig om deur middel van priesters te gaan om genade in hul tyd van nood te verkry nie, 1 Johannes 1:8-10.

 

13. Die toekomstige bediening van Jesus sluit ook die opstanding van al die heiliges van God die Vader, van die Ou Testament of Nuwe Testament, lewend of dood in, en die terugkeer saam met Hom na die Hemel, Johannes 5:28-29; 14:1-3; 1 Korinthiërs 15:51-58; Fillippense 3:20-21; 1Tess. 4:13-18; 5:1-11; 2 Tess 2:1-3; 6-8. Hierdie geskrifte verwys almal na die eerste opstanding, of die wegraping, soos dit bekend staan onder die Christene.

 

Die volgende aspek van Jesus se toekomstige bediening is by sy tweede koms. Dit behels:

a. Die Slag van Armageddon waarin Jesus eiehandig die Antichris en die weermagte van sy konfederasie van nasies, saam met Satan en die valse profeet, verslaan. Die Antichris en die valse profeet word lewendig gewerp in die vuurpoel, die finale bestemming van al die goddelose mense, waar hulle dag en nag vir ewig gepynig sal word, Openbaring 19:11-21. Satan word in kettings geboei en vir 'n duisend jaar in die afgrond gewerp, Openbaring 20:1-3.

 

b. Volgende oordeel Jesus die nasies om te bepaal wie van hulle in die ewige Koninkryk sal ingaan Matthéüs 25:31-46. Dit word Die Oordeel Oor Die Nasies genoem; "Nasies" in Grieks, beteken ook heidene. Die basis van hierdie uitspraak sal die mislukking van die nasies om genade aan die Joodse gelowiges gedurende die verdrukking te betoon, wees.

 

c. Dan kom die duisendjarige ryk. Dit verwys na Christus se koninkryk op aarde waar Hy vir 'n duisend jaar sal heers en regeer, Daniël 2:44-45; 7:13-14, 23-27; Sagaria 14:1-9; Efesiërs 1:10; Openbaring 5:8-10. Die doel van Christus se duisendjarige vrederyk op aarde is om van al die vyande van God, en al rebelle teen Hom, finaal ontslae te raak.

 

d. Aan die einde van die duisend jaar sal al die gestorwe goddeloses tot die lewe opgewek word en sal en Christus hulle oordeel op die Groot Wit Troon van Oordeel. Hulle sal saam met Satan, die Antichris en die valse profeet in die poel van vuur gewerp word, Openbaring 20:11-15. Die Groot Wit Oordeels-troon en die Poel van Vuur gee die einde van Christus se vrederyk te kenne, wat Daniel die koninkryk aan God die Vader oorhandig 1 Korinthiërs 15:23-28.

 

e. Ook aan die einde van die duisendjarige tydperk sal Satan uit gevangenis losgelaat word vir 'n tyd en sal nasies wat vyandig teenoor God staan mislei word om hom in die laaste groot rebellie teen God by te staan. God sal vuur uit die Hemel slinger en hulle vernietig. Satan sal Daniel in die poel van vuur gewerp word om die ewige straf te ly, Openbaring 20:7-10.

 

14. Die finale aspek van Jesus se toekomstige bediening is dat Hy saam met God die Vader tot in alle ewigheid sal heers en regeer vanaf Sy setel van die regering in die nuwe Jerusalem, wat na die Groot Wit Troon Oordeel, na die aarde uit die hemel sal daal. Nuwe Jerusalem sal ook die tuiste van al die heiliges van God wees, Openbaring 21:2-3, 9-10; 22:3-5. Nuwe Jerusalem is 'n letterlike stad wat vyftien honderd myl meet, twaalf duisend vyf honderd myl lank, vyftien honderd myl breed en vyf honderd myl hoog. Dit het meer as genoeg ruimte vir elke heilige van God van Abel tot die heel laaste siel gered in die verdrukking, wat dit sal bewoon. Die stad en sy strate is gemaak van suiwer goud wat deursigtig is soos suiwer glas. Die muur rondom die stad is meer as 265meter hoog. Dit het twaalf poorte, elkeen 'n pêrel. Daar is geen tempel as 'n voorwerp van aanbidding in die nuwe Jerusalem nie; God die Vader en Jesus sal die voorwerpe van aanbidding wees. Daar sal egter 'n tempel wees waar God die Vader Sy troon vir ewig sal hê. Nuwe Jerusalem sal tot in alle ewigheid die hoofstad van God die Vader hier op aarde wees. Die stad het geen behoefte aan die son en die maan nie, want die heerlikheid van God die Vader sal dit verlig, en Jesus sal die lig daarvan wees. Die poorte sal nooit gesluit word nie, want dit sal altyd perfek veilig wees en daar sal nooit duisternis wees nie, Openbaring 21:12-18, 22-25.

 

IN SAMEVATTING:

 

Jesus Christus was met God die Vader voordat Hy gebore was deur die maagd Maria. Ons lees in Johannes 17:5 waar Jesus gebid het, “En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat

 

 

die wêreld was”. Lees ook Johannes 1:1, “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God”. Vers 2 van Johannes 1 bevestig; Hy was in die begin by God. Baie Bybel studente verstaan die laaste gedeelte van Johannes 1 vers 1 nie duidelik wat lees; ‘en die Woord was God’. Die verklaring vir hierdie vers is, dat die Gees van God die Vader was ook in Jesus Christus. Hulle was dus een in eenheid. Ons lees in Johannes 17:11c, “sodat hulle een kan wees net soos Ons”. Dan Johannes 17:21,22; “dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. God die Vader en Jesus Christus was saam van die begin van die skepping soos gesien kan word in Genesis 1:26, En God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis”. Het u ooit daaraan gedink waar Jesus Christus vandaan gekom het? God die vader het Eva geskep vir Adam. So kon God die Vader vir Jesus Christus daar gestel het as hulp vir Hom.

 

1. Moet nie dink dat Jesus Christus en God die Vader ten tye van die skepping nie liggame gehad het nie. Ons weet almal dat ons in Lukas 24:36 - 51 lees dat toe Jesus Christus in die Hemel opgeneem is Hy ‘n tasbare liggaam gehad het. Paulus skryf in 1 Korinthiërs 15:35 - 49 van natuurlike liggame en geestelike liggame. Lees ook 2 Korinthiërs 5:1 - 10. Handelinge 7:54 - 60, toe Stéfanus gestenig was het hy gesê; “Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan”. Hier sien ons duidelik dat Jesus Christus en God die Vader twee aparte persone is. Die Hebreerse woord vir ‘beeld’ in Genesis 1:26 beteken “Tselem” wat fatsoen of liggaam beteken. Ons sien ook in 1 Korinthiërs 11:7 dat die mens is na die beeld van God geskape. Alle ware gelowiges sal God die Vader van aangesig tot aangesig sien eendag wanneer Jesus ons sal voorstel aan God die Vader by die ‘bruilof maal van die Lam’.

 

2. “En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom vol van genade en waarheid.”, Johannes 1:14. So Jesus was God in die vlees, in ‘n liggaam soos ons het. Ons lees in Matthëus 1:18 - 25 hoe Jesus vlees geword het. Die Heilige Gees die Gees van God die Vader het Jesus Christus verwek in die skoot van Maria, so het God, die Vader, van Jesus geword. Johannes die doper het ook bevestig in Johannes 1:34, “Hy is die Seun van God”.

 

Maria was swanger bevind deur die Heilige Gees, sy was bevrug deur die Heilige Gees, Matthéüs 1:18; Markus 1:1. Die Bybel verwys na Jesus in dié tydperk ook na ‘die seun van die mens’, Johannes 12:23; 12:34; 13:31 ens. Jesus was deel van die mens Maria. Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Sy gees hom verlaat; en ‘Hy het die gees gegee’, Sy mens gees het Sy liggaam verlaat, Matthéüs 27:50; Romeine 8:9. Die Heilige Gees het Jesus uit die dode opgewek, Romeine 8:11; Handelinge 2:32. So het Jesus ‘God die Seun’ geword. Titus 2:13; 2 Petrus 1:1; Johannes 1:1; Romeine 9:5, ‘aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid’. Johannes 20:28, Thomas se woorde, “My Here en my God”. Jesus was weer gebore deur die Gees van God die Vader. Laat dit u nie dink aan wat wedergeboorte behoort te beteken?

 

3. Ons lees in Hebreërs 4:15; dat Jesus in alle opsigte net soos ons versoek was maar sonder sonde. Sien ook Hebreërs 2:18. Hy was meer versoek as ons soos ons sien in Matthëus 4:1 - 11; Lukas 4:1 - 13. Wanneer ons besluite moet maak stel ek dit altyd so; ‘Wat sou Jesus gedoen of besluit het?,’ Sou Jesus dieselfde dinge gedoen het wat ons gedoen het, sou Jesus dieselfde dinge gedink het wat ons dink, sou Jesus na dieselfde dinge kyk op televisie wat ons na kyk somtyds, sou Jesus na dieselfde plekke toe gaan waar ons somtyds gaan?

 

4. Jesus het broers en susters gehad; Matthéüs 13:55 - 56, “Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie? En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan?” Sommige het Jesus geken as ‘Die Timmerman’. In daardie dae het ‘n seun die ambag van sy vader gedoen.

 

5. Jesus was 30 jaar oud toe Sy bediening begin het volgens Lukas 3:23, ‘En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het’. Baie interressant  is dat die priesters van die Ou Testament het eers begin op die ouderdom van 30 jaar, Numeri 4:1 - 4. Ons leer duidelik van die Bybel dat Jesus Christus is ons Hoë Priester, Hebreërs 3:1. Om hierdie rede benodig ons geen mens as ons hoë priester, Jesus vervul daardie amp.

 

6. Jesus Christus het Sy eie gees gehad soos gesien kan word in Romeine 8:9b; ‘Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie’. Galasiërs 4:6, “En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader”. Lukas 23:46, ‘En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit’.

 

7. Jesus het menslike beperkings en gevoelens gehad soos alle mense; Hy het gehuil, Lukas 11:35, Lukas 19:41; Hy het honger geword, Matthéüs 4:2; Hy het dors geword, Johannes 4:7, Johannes 19:28; hy het geslaap, Matthéüs 8:24, Lukas 8:23; Hy het moeg geword, Johannes 4:6; Hy het angs beleef, Lukas 22:44; Hy het simpatie beleef, Matthéüs 36:36 - 40; Hy het fisiese dood beleef, Matthéüs 27:50.

 

8. Daar is mense wat dink dat Jesus was ‘n tingerige en sagte man. Die Bybel leer ons dat Hy was ‘n strek en gesonde man. Johannes 2:14 - 16, ‘En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit. En Hy het ‘n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer. En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader ‘n handelshuis maak nie.

 

 

                                                                  HIERDIE BLADSY BO PUNT